Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SPESIALE AANBIEDING: Gr 9 Vakkeusevoorligting

Wat behels die diens?

Aanlyn- en kantoorassesserings word aangebied. Assesserings sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. 

Koste van die diens: 

Die koste beloop R1900 per kliënt (Maandag - Vrydag) / R2450 per kliënt (Saterdag)

Vir besprekings, kontak asseblief: csr@sun.ac.za