Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
IT-hoofgebou gesluit weens COVID-geval


Weens `n posititewe COVID-geval is die IT-Hoofgebou met onmiddellike effek gesluit en sal dit eers weer oopgestel word op 10 Augustus 2021.

Gevolglik sal ons dienste beperk wees totdat personeel kan terugkeer na hulle gewone pligte. Aflewerings word hierby ingesluit en sal ook gestaak word tot en met 10 Augustus.

Gedurende hierdie tydperk kan kliënte versoeke aanteken op die ICT Partner Portal of `n e-pos stuur aan help@sun.ac.za

  • Afstandsondersteuning sal steeds soos gewoon beskikbaar wees.
  • Hardeware-ondersteuning vir kritiese gevalle aangeteken op die ICT Partner Portal sal per geval deur die tegniese span hanteer word.
  • Kritiese toegangprobleme sal bestuur word d.m.v. die ICT Partner Portal.
  • Kritiese telefoon- en netwerkdienste sal bestuur word Critical telephone and network services will be managed via d.m.v. die ICT Partner Portal.

Ons vra om verskoning vir die ongerief. Enige navrae kan aangeteken word op die ICT Partner Portal.