Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Onthou om jou Adobe DC-lisensie aan te vra

​Om voort te gaan met die gebruik van Adobe DC moet gebruikers `n lisensie aanvra teen einde November. 

Adobe het hulle produkte se lisensiëringsmodel verander en hierdie nuwe model vereis dat personeel oor ‘n Adobe ID te beskik om die programmatuur te kan gebruik. 

Histories sou ‘n nuwe serienommer in ‘n programmatuur-installasie pakket ingebou word en sentraal uitgerol word na alle Universiteit Stellenbosch batenommer rekenaars. Hierdie proses, wat die afgelope vier jaar gevolg is, het verseker dat die sagteware sonder onderbreking gebruik kon word.

Adobe se lisensiëringsmodel is nou gebaseer op named user lisensies*. Die nuutste weergawe van Adobe DC (Document Cloud) waarvoor Universiteit Stellenbosch gelisensieërd is dus nie meer op serienommers gebaseer nie.

Wat is die voordele?

Hoewel dit ‘n groot aanpassing beteken in die wyse waarop programmatuur bestuur word, het die nuwe weergawe en lisensiemodel etlike voordele, insluitende ‘n veilige aantekenmetode. 

Die nuwe model stel IT in staat om aan gebruikers die toegang tot toepassings en dienste te bied wat hulle vereis vir deurlopende projekte, terwyl IT steeds die beheer het om te voldoen aan die universiteit se vereistes. IT trek ook voordeel uit `n eenvoudiger manier om regulasies na te kom, sowel as die bestuur van lisensies en dienste deur middel van die Adobe Admin konsole.

Wie kwalifiseer vir `n lisensie?

Volgens ons lisensiebeleid kan lisensies kan slegs toegeken word aan voltydse universiteitspersoneel. Die lisensieproses is ook slegs van toepassing op gevorderde gebruikers wat PDF-dokumente moet redigeer en digitaal teken. Personeel kan steeds gebruikmaak van Adobe Reader. 

Om `n Adobe DC-lisensie aan te vra, teken asb. `n versoek aan op die ICT Partner Portal en `n lisensie sal aan jou toegeken word.

Named User-lisensiëring is ‘n model waar programmatuur toegeken word aan ‘n individu in plaas van `n serienommer of toestel.