Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Besoekers aan US-koshuise tydens inperking

Die Afdeling Studentesake is bewus van en erken dat versoeke ontvang is om die Koshuisreëls te wysig sodat besoekers tydens die nasionale inperking toegelaat kan word. Hierdie Reëls, wat die verspreiding van COVID-19 op ons kampusse voorkom en veilige bestuur van koshuise verseker, word voortdurend hersien. Geen besoekers word toegelaat tot sodanige tyd dat dit veilig en verantwoordelik is om die Reëls te wysig nie.

Ons verstaan dat die maande se inperking uiteenlopende gevolge vir ons almal het. Dit bly egter ons gesamentlike verantwoordelikheid om ons kampusverblyf veilig te hou vir alle inwoners. As jy vriende of familie besoek of na openbare plekke gaan, moet jy in gedagte hou dat die dra van maskers, gereelde ontsmetting en die handhaaf van sosiale afstand verpligtend is. Nasionale regulasies op Vlak 1 vereis dat ons ten alle tye veiligheidsprotokols (op en weg van die kampus af) moet volg om 'n veilige kampusgemeenskap vir almal te verseker.

As jy gedurende hierdie tyd ondersteuning benodig, kontak ons Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling by (021) 808 4707 of supportus@sun.ac.za. Ons 24-uur-nooddiens, in samewerking met ER24, is beskikbaar by 010 205 3032.

Pieter Kloppers
Direkteur: Sentrum vir Studentegemeenskappe
Afdeling Studentesake