Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Toonaangewende outomatiese opbergings- en verwerkingsdiens vir biologiese monsters op u voorstoep

​Die Biobank-eenheid​ bied interne en eksterne navorsers 'n veilige en koste-effektiewe alternatiewe oplossing vir langtermynopberging van monsters deur die nuutste toonaangewende opbergingstegnologie te gebruik - die Hamilton BiOS L5 (BiOS). Die eenheid bied ook monsterverwerking en voorbereiding vir opbergingsdienste met die gesofistikeerde Hamilton easyBlood STAR. Die opbergingsprys begin by R9,17 per buis per jaar.

  • Bespaar ruimte deur die noodsaaklikheid om honderde konvensionele ULT-vrieskaste te huisves, uit te skakel;
  • Bespaar geld deur energiekoste te verlaag en koste verbonde aan die aankoop, instandhouding en versekering van vrieskaste te elimineer; en
  • Bespaar tyd deur ure wat u handmatig soek na monsters uit te skakel.

Vir meer inligting oor die Biobank-eenheid​, kan u die brosjure of webwerf www.sun.ac.za/biorepository besoek. U is ook welkom om 'n e-pos stuur aan Rubeshan Nayager by rubeshann@sun.ac.za.