Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Coronavirus hoesprojek

​Navorsers van die Universiteit Stellenbosch doen tans 'n wetenskaplike studie om te sien of 'n hoes van coronavirus (COVID-19) anders klink as enige ander hoes met die doel om 'n slimfoon-app te ontwikkel wat kan sê of 'n laboratoriumtoets nodig is. Dit sal help om die aantal laboratoriumtoetse te verminder, sodat tyd, reagense en geld nie by soveel negatiewe toetse verkwis word nie.

Enigeen wat onlangs 'n coronavirus/SARS-COV2-laboratoriumtoets laat doen het, kan deelneem. Vir meer inligting of om deel te neem, kliek hier of besoek https://coughtest.online/.