Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer Afrikaans praat
​Wil jy graag ook met jou kollegas Afrikaans kan praat wanneer ons almal weer terug is op kampus?

Madiba het baie raak opgemerk dat, as jy met mense in hul taal praat, die kans groot is dat jou boodskap ook hul harte sal bereik en nie net hul koppe nie. Die aanleer van ʼn nuwe taal gee ook toegang tot die kultuur van die mense wat daardie taal praat. Sonder kommunikasie misverstaan ons mekaar so maklik, en soms is ons selfs bang vir mekaar.

By die US Taalsentrum is taal ons besigheid. As jy Afrikaans wil leer (dit is immers een van die Wes-Kaap se amptelike tale), is jy by die regte plek! Ons bied ʼn interaktiewe, aanlyn taalkursus vir Afrikaans aan vir die publiek en Universiteitspersoneel, wat in die laaste week van Julie begin en in Oktober eindig. Jy sal nie net ʼn heerlike taalervaring hê nie, maar ook meer leer oor die verskillende kultuurgroepe in die uiteenlopende Afrikaanse gemeenskap. As jy belangstel, e-pos asseblief vir Vernita Beukes by vernita@sun.ac.za of skakel 021 808 2636.​