Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Personeel afslag op aanlyn psigometriese assessering

​Die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSW) is opgewonde om aan te kondig dat US personeel kwalifiseer vir 10% afslag op ons aanlyn psigometriese assessering diens. ​

Wie kan van hierdie diens gebruik maak?
Hierdie diens word aangebied vir graad 9, 11 en 12 leerders.

​Wat behels die diens?
Assesserings sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. 

Neem asseblief kennis dat die meeste van die psigometriese instrumente op die stadium slegs in Engels beskikbaar is.

Koste van die diens (betaalbaar binne 48h na bespreking) 
R2350 per kliënt (Maandag - Vrydag)
R2900 per kliënt (Saterdag) 

Vir besprekings, kontak asseblief:
csr@sun.ac.za