Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Probleem met SUNLearn

Nuutste verwikkeling: SUNLearn-funksionaliteit is herstel. 'n Basiese tema is toegepas.

Beste personeel en studente

Ons is vanoggend bewus van die probleem met SUNLearn en ons IT-administrateurs werk tans daaraan om probleme op te los wat verband hou met die groot las op die huidige stelsel.

Ons sal alle gebruikers in kennis stel sodra die probleem opgelos is.

Ons waardeer u geduld in hierdie verband en vra om verskoning vir enige ongerief.