Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Na-doktorale Genoot in Vleiskunde


Konteks

Die Departement Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is bekroon met 'n SARChI-leerstoel in vleiswetenskap: Genomika tot voedingkunde, wat fokus op die verbetering van produksie en kwaliteitseienskappe van vars en verwerkte vleis. Die SARChI-leerstoel in vleiswetenskap bied twee nadoktorale navorsingsbeurse aan om te werk aan bioprospektering van plant neweprodukte as natuurlike preserveermiddels in vars en verwerkte vleisprodukte. Potensiële kandidate word aangemoedig om die SARChI-leerstoelwebwerf (www0.sun.ac.za/sarchi) te besoek om insig te verkry in die huidige navorsingsaktiwiteite.

'n Aanstelling word gemaak vir minstens twaalf maande en hoogstens twee jaar. Die tweede jaar is onderhewig aan prestasie en beskikbaarheid van fondse.
 
Die nadoktorale beurs beloop R 200 000 per jaar, wat belastingvry is. Geen addisionele voordele nie, aangesien postdoktorale genote nie as werknemers aangestel word nie
Pligte
As 'n nadoktorale genoot sal die bekleër saam met die navorsingspan en breër projekmedewerkers werk. Dr Cletos Mapiye is die akademiese studieleier aan die Universiteit Stellenbosch, wat saam met die bekleër sal werk aan die spesifieke navorsingsvrae vir die projek.
 
Daar word van die nadoktorale genoot verwag om navorsing binne die algemene fokus van die SARChI-leerstoel in vleiswetenskap te doen, ten minste twee vollengte, eweknie-geëvalueerde tydskrifartikels per jaar te publiseer en toesig te hou oor nagraadse studente.

Vereistes
  • 'n PhD vanaf 'n erkende akademiese universiteit in 'n toepaslike studeirigting (Veekunde, Vleiskunde of Voedsel Wetenskap), binne die laaste 5 jaar verwerf
  • Ervaring om navorsing op 'n gevorderde vlak uit te voer in 'n multi- en interdisiplinêre omgewing
  • Eweknie ge-evalueerde wetenskaplike publikasies
Aanbevelings
  • Goeie interpersoonlike vaardighede
  • 'n Ywerige belangstelling in 'n navorsingsrigting wat binne die SARChI program/navorsing pas
  • Toepaslike rekenaarvaardighede
  • Toepaslike vaardigehede in statistiek
  • Taalvaardighede om in 'n veeltalige Universiteit te funksioneer

Aanvangsdatum: So gou moontlik, maar nie later as 1 Februrie 2020

Navrae: Dr Cletos MApiye by +2721 808 2640 of cmapiye@sun.ac.za

Aansoekprosedure: Stuur 'n aansoekbrief, tesame met 'n volledige curriculum vitae, insluitend 'n lys van publikasies en die name en kontakbesonderhede van ten minste twee referente na talitha@sun.ac.za voor 15 Januarie 2020.


Die universiteit behou die reg om nie enige aanstellings te maak nie.