Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US kry nuwe klasrooster stelsel

Die Universiteit het onlangs ʼn nuwe webgebaseerde persoonlikeroosterdiens, genaamd Publish, aangekoop om die bestuur van klasroosters vir personeellede en studente beduidend te verbeter.

Die verkoper van Publish is Scientia, ʼn VK-gebaseerde maatskappy. Publish is ʼn toepassing bykomend tot die skeduleringsagteware wat tans vir die skedulering van die Stellenboschkampus se voorgraadse klasroosters gebruik word. USB (Universiteit Stellenbosch Bestuurskool) sal binnekort begin om dieselfde skeduleringsagteware, en dus ook Publish, te gebruik.  Publish sal as My Timetable geïmplementeer word.

Met My Timetable sal personeellede en studente per studieprogram met keusemodules, per voorafvasgestelde program soos BIng en BRek, en per individuele module na klasroosters kan kyk. Tydens die selekteringsproses van aktiwiteite, word ʼn unieke, persoonlike rooster geskep. Hierdie verpersoonlikde rooster word elke keer wat die gebruiker die toepassing besoek aanlyn gestoor en kan by persoonlike kalenders op die gebruiker se mobiele toestel geïnkorporeer word.

My Timetable se gebruikerskoppelvlak maak slegs voorsiening daarvoor om die data in ʼn enkele taal te vertoon. Daarom sal die klasroosters wat via My timetable vertoon word slegs in Engels beskikbaar wees. Om hierdie beperking te oorkom, is ʼn lys van modulename in Afrikaans en Engels op die studente- en personeelportaal beskikbaar, asook vanaf die “Help"-skakel in My Timetable. Bykomend is die roosters vir individuele modules in beide Afrikaans en Engels beskikbaar, soos vantevore.

 

​