Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geskeduleerde IT-onderhoud: 13 - 17 Desember

​Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 13 Desember geskeduleerde onderhoud uitvoer op bedieners en stelsels. Daar sal gevolglik tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 17:00 Vrydag, 13 Desember tot 08:00 Dinsdag, 17 Desember. ʼn Groot aantal funksies en toepassings sal gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie.

Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en dienste kan onderbrekings ook voortduur in die daaropvolgende week.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.