Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Informasietegnologie Jaareindfunksie: 22 November

Die Informasietegnologie afdeling se jaareindfunksie vind op Vrydag,  22 November plaas.

Ons kantore sal gevolglik op die spesifieke dag gesluit wees vanaf 12:00. Geen tegnici of dienstoonbankagente sal gedurende die middag beskikbaar wees nie. 

Indien jy ’n diens wil versoek gedurende die tydperk, teken dit asb. aan op die ICT Partner Portal​. Ons kantore is weer, soos gewoonlik, oop om 08:00 op Maandag, 25 November.