Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL 2019: Sluitingsdatum vir registrasie

Let asseblief daarop dat registrasie vir die 2019-AvOL-konferensie op Vrydag 18 Oktober sluit. Bywoning is gratis vir US- akademiese personeel.

Ons is oorgehaal vir die 12de jaarlikse interne konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)! Dit word op 29 en 30 Oktober by die Lord Charles Hotel gehou, en voorafwerksessies sal op 28 Oktober plaasvind.

Vanjaar se tema is: (Jou) Onderrig Maak Saak @ die US. Die hoofsprekers is dr Joy Mighty (Carleton Universiteit, Ottawa, Kanada), wat 'n referaat oor “akademieskap herbedink: hoekom (jou) onderrig saak maak" gaan aanbied, en prof Geo Quinot (US), wie se referaat oor “jou/ons onderrig maak saak" handel.

Vir aptytwekkertjies uit die hooflesings en alle ander inligting, besoek die webblad by http://www0.sun.ac.za/sotl.

Rig asseblief alle navrae aansotl@sun.ac.za.