Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die validering van die hoogste graad van prestasie van ʼn toets van akademiese geletterdheid vir studente

Oor die afgelope twee dekades na apartheid, vorm die taalbeleide van hoëronderwysinstansies in Suid-Afrika ʼn betwiste ruimte, met baie van hierdie beleide wat in ʼn mindere of meerder mate verander. Die Universiteit Stellenbosch (US) is een voormalige Afrikaansmediuminstansie waar die taalbeleid verander het na een wat veeltaligheid bevorder, met Afrikaans, Engels en Xhosa (die drie tale wat die meeste in die Wes-Kaap gebruik word), as kern. Hoewel daar oënskynlik parallelle pogings aangewend word om die ander twee tale aan die US te bevorder, word Engels steeds allerweë as taal van onderrig en leer gebruik. Om hierdie rede gebruik die Universiteit die Engelse weergawe van die Nasionale Normtoets in Akademiese Geletterdheid (NNT AG) om die vlakke van akademiesetaalgereedheid onder nuwelingstudente te meet. Hierdie aanbieding sal fokus op die graad van akkuraatheid waarmee die hoogste graad van prestasie wat in hierdie toets gestel word, die studente uit die drie taalgroepe (Afrikaans, Engels en Xhosa) wat vir die US se taalbeleid van belang is, kan klassifiseer as diegene wat waarskynlik in hul eerste jaar van universitêre studie welslae sal beleef óf diegene wat waarskynlik nie goed sal vaar nie.

 

Tyd: 13:00-13:45, Donderdag 5 September 2019

Plek: Lokaal 3008, Fakulteit Opvoedkunde

Verversings sal van 12:45 af bedien word.

Navrae: Rose Richards (rr2@sun.ac.za)

RSVP teen Maandag 2 September 2019

Internet-bespreking: Klik op die volgende skakel om jou jou sitplek deur Eventbrite te reserveer

(Inetkey oop – gaan na die webwerf en klik op die 'Register'-knoppie): https://www.eventbrite.com/e/teaching-and-learning-seminar-5-september-2019-tickets-68442755123?ref=enivtefor001&invite=MTcxNTgxNTUvcnIyQHN1bi5hYy56YS8w%0A&utm_source=eb_email&utm_medium=email&utm_campaign=inviteformalv2&utm_term=attend