Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Registreer jou inisiatiewe vir sosiale impak

Personeellede van die Universiteit Stellenbosch wat ʼn aktiewe rol ten opsigte van sosiale impak deur navorsing, leer en onderrig, vrywilligerswerk, spesiale programme en die bou en handhawing van vennootskappe in die samelewing speel, word gevra om hul inisiatiewe op die Sosiale Impak Platform te registreer: https://www.sun.ac.za/si. Die Afdeling Sosiale Impak wil help met bewusmaking en bevordering van hierdie waardevolle werk. Die jaarlikse sperdatum vir registrasies is 30 November.

 

Hoekom moet jy registreer?

Deur jou inisiatief te registreer:

  • word die Universiteit Stellenbosch se werk sigbaar in die universiteit, aan eksterne samelewingsvennote (insluitende die regering, besighede/bedrywe en die burgerlike samelewing), aan finansiers en aan die publiek;
  • word potensiaal vir samewerking in en oor dissiplines heen vir groter impak geskep;
  • kan jy aansoek doen om befondsingsgeleenthede wat jaarliks deur die Afdeling Sosiale Impak beskikbaar gestel word: https://www.sun.ac.za/si/en-za/Pages/Funding-opportunities.aspx;
  • kan jy aansoek doen om befondsing van die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, wat geregistreerde inisiatiewe vir sosiale impak ondersteun; en
  • sal jy ʼn portefeulje van bewyse van jou inisiatiewe vir sosiale impak vir prestasie-evalueringsdoeleindes hê.

 

Skakel met Rachael Spiers vir enige navrae rakende die registrasieproses: rspiers@sun.ac.za.