Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL 2019: Sperdatum vir indiening van referaatopsomming

Neem asb. kennis dat die sperdatum vir die indiening van referaatopsommings vir die AvOL konferensie vir 2019 op Donderdag, 8 Augustus 2019 is. 

Die 12de jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie (AvOL), aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US), sal plaasvind op 29 en 30 Oktober 2019 by die Lord Charles Hotel, Somerset-Wes. Voorkonferensiewerkswinkels sal op 28 Oktober 2019 aangebied word.

Die bevestigde hoofsprekers vir die konferensie is Dr Joy Mighty (Carleton Universiteit in Ottawa) en Prof Geo Quinot (Universiteit Stellenbosch). Hierdie konferensie is gratis vir US akademici en hierdie jaar se tema is “(Jou) Onderrig Maak Saak @ US". 

Registreer vir die konferensie en dien jou referaatopsomming in voor 8 Augustus 2019! 

Besoek asb. die konferensiewebwerf by http://www0.sun.ac.za/sotl vir registrasie en riglyne vir die indiening van 'n referaatopsomming.

Navrae:  sotl@sun.ac.za