Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gebruik jy nog Windows 7?

Na tien jaar kom ondersteuning vir Windows 7  tot ’n einde op 14 Januarie 2010.

Hoe gaan dit jou beïnvloed?

Na 14 Januarie sal jou rekenaar nie meer enige sekuriteitsopdaterings ontvang nie en Microsoft sal ook nie meer enige tegniese ondersteuning bied nie. Weens die sekuriteitrisiko wat jou rekenaar  plaas op die universiteit se netwerk, beteken dit ook dat die betrokke rekenaar nie meer toegang tot die netwerk sal hê nie (m.a.w. geen internet, e-pos, ens) en jou data ook nie meer effektief beskerm kan word nie.

Indien jou rekenaar steeds gebruik maak van die Windows 7 en Windows 8.1 bedryfstelsels, moet jy voor einde 2019 opgradeer na Windows 10, ’n bedryfstelsel wat wel die nuutste sekuriteitsopdaterings kan verskaf om jou data veilig te hou. Lees meer oor Microsoft programmatuur se lewensiklus op hulle webwerf.

Opgraderings van Windows 7 & Windows 8.1 na Windows 10 sal gratis vir personeel gedoen word. Om die opgradering aan te vra, vul asb ’n versoek in op die ICT Partner Portal (Select Get Desktop/laptop support) voor einde Oktober met die volgende inligting:

  • rekenaar se batenommer
  • kontaknommer
  • naam van gebou
  • kamernommer

Sodra die rekenaar se spesifikasies nagegaan is, sal ’n IT-tegnikus jou kontak. Ouer werkstasies mag addisionele komponente benodig om die opgradering te kan hanteer en dit sal deur die departement self betaal moet word. Daar is `n moontlikheid dat baie ou toerusting nie opgegadeer sal kan word nie weens hardeware beperkings.

IT sal die volgende gratis doen:

  1. Opgradering van die bedryfstelsel van Windows 7 & 8.1 na Windows 10
  2. Werkverwante data sal gerugsteun word na OneDrive.

Jy of jou departement betaal vir:

  1. Rugsteun van alle data.
  2. Hardeware komponente benodig vir die opgradering na Windows 10

Indien IT versoek word om die data te rugsteun, sal dit teen onderstaande kostes gedoen word:

Minder as 15GB – R1230-00
Meer as 15GB – R2120-00

Relevante artikels oor die uitfassering van Windows 7:

​