Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Suid-Afrikaanse Engelse Taal-en Kultuurkursus

Verdiep jouself in die Suid-Afrikaanse kultuur en ontdek die rykdom van ons land se tradisies, kookkuns, erfenis, kuns en musiek. Die kursus word van 1-5 April 2019 deur die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum aangebied met 4 uur kontaksessies per dag. Die kursus is geskik vir aansoekers op 'n B1/Intermediêre Engelse taalvaardigheidsvlak. Die koste van die kursus beloop R3 800 per deelnemer.

Registrasies sluit Vrydag 15 Maart 2019.

Kontak asseblief Karlien (kcillie@sun.ac.za) vir verdere inligting.