Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dié jaar by die Universiteit Stellenbosch Museum

Dié jaar by die Universiteit Stellenbosch Museum

 

Die Universiteit Stellenbosch Museum is 'n toonaangewende 21ste-eeuse museum. Dit is geleë in die geskiedkundige universiteitsdorp Stellenbosch, wat deel uitmaak van die bekende wyntoerismestreek van die Kaapse Wynland. Die Universiteitsmuseum is die trotse ontvanger van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se burgemeesterstoerismeprys vir volhoubare ontwikkeling. Daarbenewens is die museum se werk om maatskaplike inklusiwiteit teweeg te bring met 'n toekenning van die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake bekroon.

 

Museumligging

 

Die Universiteitsmuseum is geleë by Ryneveldstraat 52, Stellenbosch.

 

 

Ure

 

Die museum is oop van 09:00 tot 16:30 op Maandae tot Vrydae, en van 08:00 tot 12:30 op Saterdae. Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae. Toegang tot die museum is gratis.

 

 

Kontakbesonderhede

 

Vir meer inligting, kontak gerus die Universiteitsmuseum by +27 (0)21 808 3695 of usmuseum@sun.ac.za, of raadpleeg ons webtuiste by www.sun.ac.za/museum.

 

 

Woensdagkunswandelinge

 

Met sy Woensdagkunswandelinge stel die Universiteit Stellenbosch Museum die kunsversameling ten toon wat die Universiteit die afgelope 100 jaar opgebou het. Vanaf Februarie 2019 bied die museum elke eerste Woensdag van die maand (buiten 1 Mei, Werkersdag) rondleidings van kunswerke uit die Universiteit se permanente kunsversameling aan. Die Woensdagkunswandelinge is gratis vir alle lede van die publiek, en vind gedurende die etensuur van 13:00 tot 14:00 plaas.

 

Datum:Tema:Tyd:
13 Februarie 2019Forward? Forward! Forward . . .13:0014:00
16 Februarie 2019 (Saterdag)Forward? Forward! Forward . . .10:0011:30
6 Maart 2019Forward? Forward! Forward . . .13:0014:00
3 April 2019Forward? Forward! Forward . . .13:0014:00
8 Mei 2019Maggie Laubser13:0014:00
5 Junie 2019Irma Stern13:0014:00
3 Julie 2019Solomon Caesar Malan13:0014:00
7 Augustus 2019John Muafangejo13:0014:00
4 September 2019Willie Bester13:0014:00
2 Oktober 2019William Kentridge13:0014:00
6 November 2019Christo Coetzee13:0014:00
4 Desember 2019Auguste Rodin13:0014:00

 

Vorentoe Vrydag

 

As deel van die Universiteit Stellenbosch se Eeufeesprogram bied die Universiteitsmuseum 'n Eeufeesuitstalling aan. Hierdie eksperimentele uitstalling getiteld Forward? Forward! Forward . . . het op 5 Desember 2018 geopen, en is nog tot 31 April 2019 te sien.

 

'n Keur van 100 kunswerke deur sowel gevestigde as ontluikende kunstenaars is by dié gedagteprikkelende groepuitstalling ingesluit. In 'n oop versoek is kunstenaars gevra om kunswerke voor te lê wat die toekoms van die hoër onderwys oor die volgende 100 jaar uitbeeld. Die eindresultaat is innoverend en boeiend, en stimuleer debat en gesprekvoering oor die toekoms van die Universiteit Stellenbosch én van hoër onderwys in Afrika.

 

Vorentoe Vrydag is 'n gespreksreeks wat deur hierdie uitstalling geïnspireer is.

 

Datum:Gassprekers:Tema:

Tyd:

6 Februarie 2019 (Woensdag)                    

Drs Morné Mostert en Njeri Mwagiru (onderskeidelik direkteur en senior futuris van die Instituut vir Toekomsnavorsing, Universiteit Stellenbosch) en Robyn-Leigh Cedras en Maurice Mbikayi (kunstenaars)

Die toekoms van hoër onderwys in Afrika18:00–20:00
8 Februarie 2019Deidre Samson, Instituut vir Toekomsnavorsing, Universiteit StellenboschDie toekomstige werkplek en die hoër onderwys

13:0014:00

 

15 Februarie 2019

Ashley Walters in gesprek met Robyn-Leigh Cedras, Liza Grobler en Strijdom van der Merwe (kunstenaars)

Kunstenaars se ervaring van en betrokkenheid by die Forward-uitstalling

13:0014:00

22 Februarie 2019Prof Nuraan Davids, medeprofessor in die Filosofie van Onderwys, Universiteit Stellenbosch

Akademiese vryheid en “ontuitnodiging" in die hoër onderwys

13:0014:00
1 Maart 2019Prof Ronelle Carolissen, Departement Opvoedkundige Sielkunde, Universiteit Stellenbosch

Is MISkenning die sleutel tot die toekoms van die hoër onderwys?

13:0014:00

8 Maart 2019

 

Doris Viljoen, senior futuris van die Instituut vir Toekomsnavorsing, Universiteit StellenboschKentekens of kwalifikasies?

13:0014:00

 

15 Maart 2019Prof Jonathan Jansen, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch

Radikale verandering en die probleem van die institusionele kurrikulum

13:0014:00

 

5 April 2019

Prof André Roux, akademiese konvenor van die NGDip & MPhil in Toekomsstudie, Instituut vir Toekomsnavorsing, Universiteit Stellenbosch

Demografiese dividend of jeug in krisis

 

13:0014:00
12 April 2019Dr Morné Mostert, direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing, Universiteit Stellenbosch

Alternatiewe Afrikatoekomste

 

13:0014:00
26 April 2019Prof Yusef Waghid, professor in die Filosofie van Onderwys, Universiteit Stellenbosch Oor die toekoms van onderrig in die hoër onderwys13:0014:00

 

100 Artefakte-rondleidings

 

Die Rektor van die Universiteit Stellenbosch (US) het die uitstalling 100 Artefakte vir 100 Jaar in 2018 as deel van die US se Eeufeesvieringe in die Universiteitsmuseum geopen. Die uitstalling, wat deur die Rektor self aangevoor is, beeld die US se 100-jarige bestaan uit deur die aanbieding van 100 voorwerpe van kultuurhistoriese belang.

 

Die 100 artefakte verteenwoordig nie elk van die 100 jaar nie en vertel ook nie die volle verhaal van hoe die Universiteit se geskiedenis verloop het nie. Dit is bloot 'n wye verskeidenheid voorwerpe wat met die Universiteit verband hou en die verskillende fakulteite, administratiewe afdelings, studentekoshuise en kultuurbedrywighede verteenwoordig. Van die items kom uit die tydperk voordat die Universiteit amptelik gestig is, maar is inderdaad later deur die instelling gebruik.

 

Prof Matilda Burden bied die hele jaar deur 'n aantal rondleidings van die uitstalling aan:

 

Datum:                       Uitstalling:                                                                  Tyd:

7 Februarie 2019        100 Artefakte vir 100 Jaar                                           13:00–14:00

5 Maart 2019              Bloemhofskool-herinneringe en US-geskiedenis        13:00–14:00

7 Maart 2019              100 Artefakte vir 100 Jaar                                          13:00–14:00

11 April 2019              100 Artefakte vir 100 Jaar                                          13:00–14:00

9 Mei 2019                  100 Artefakte vir 100 Jaar                                          13:00–14:00

6 Junie 2019                100 Artefakte vir 100 Jaar                                          13:00–14:00

5 September 2019      100 Artefakte vir 100 Jaar                                          13:00–14:00

17 Oktober 2019         100 Artefakte vir 100 Jaar                                          13:00–14:00

7 November 2019       100 Artefakte vir 100 Jaar                                          13:00–14:00

 

Dinsdag-Afrikatromslaansessies

 

Dinsdag-Afrikatromslaansessies bied studente, personeel en lede van die gemeenskap van Stellenbosch en omgewing die geleentheid om die Afrikatrom te leer slaan. Die tromslaansessies word aangebied deur Vuyo Mgijima, 'n ervare tromspeler van Kayamandi, wat reeds die afgelope 16 jaar sy passie vir tromslaan met plaaslike inwoners sowel as internasionale toeriste deel.

Om die Afrikatrom te slaan is volgens Vuyo uiters ontspannend en terapeuties, verlig spanning en moedig kreatiwiteit aan. Dit is ook 'n goeie manier om prestasie in die werkplek te verhoog en spangees en sosiale samehang te bou.

Die tromslaansessies is gratis vir almal. Tog is daar slegs tien tromme per sessie beskikbaar, so belangstellendes word aangeraai om vooraf te bespreek. Diegene wat eerste kom, word eerste bedien.

Datum:                                                                                               Tyd:

19 Februarie 2019                                                                              13:00–14:00

12 Maart 2019                                                                                    13:00–14:00

16 April 2019                                                                                      13:00–14:00

14 Mei 2019                                                                                        13:00–14:00

4 Junie 2019                                                                                        13:00–14:00

9 Julie 2019                                                                                         13:00–14:00

6 Augustus 2019                                                                                 13:00–14:00

3 September 2019                                                                              13:00–14:00

8 Oktober 2019                                                                                   13:00–14:00

 

Nelson Mandela-kollokwium

 

Die Universiteit Stellenbosch Museum bied elke jaar in vennootskap met die Nelson Mandela Museum 'n Nelson Mandela-kollokwium aan. Die kollokwium bring akademici, studente en gemeenskapslede byeen om oor die tema van die jaar te besin.

 

Datum: 26 Julie 2019 / Tyd: 18:00

 

 

Tussengenerasiegesprek oor rassisme en menseregte

 

Die tussengenerasiegesprek oor rassisme en menseregte bring akademici, studente en die gemeenskap van Stellenbosch byeen om 'n oop gesprek oor rassisme te voer. Hierdie program, wat deel uitmaak van Menseregtemaand in Maart, word gereël in samewerking met raadslid Adams, wat jare lank reeds 'n veldtog teen rassisme voer. Die hoofdoel van die program is om 'n nierassige toekoms te help bou. Die program strook met die Universiteit Stellenbosch se strategiese doelwit om 'n florerende universiteit te bou.

 

Datum: 20 Maart 2019 / Tyd: 18:00

 

Filmvertonings

 

Die Universiteit Stellenbosch Museum wil graag 'n kernrol vervul om die Universiteit as 'n plek van skakeling, herinnering, erfenis, debatvoering en kreatiwiteit te posisioneer. Hiervoor bied die museum elke jaar onder meer vier filmvertonings aan. Die doel is om 'n verskeidenheid belangegroepe, van studente en alumni tot lede van die Stellenbosse gemeenskap, te betrek. Die filmvertoningsprogram vir 2019 is soos volg:

 

Whispering Truth to Power

Whispering Truth to Power vertel die spannende verhaal van Thuli Madonsela se laaste jaar as Suid-Afrika se Openbare Beskermer. Terselfdertyd beeld dit op boeiende wyse haar lewe as prokureur, ma en vrou uit en bied insig in heelparty kernkwessies waarvoor Suid-Afrika deesdae te staan kom, onder meer voortslepende ongelykheid, rassespanning, grondherverdeling en korrupsie.

Datum: 11 April 2019 / Tyd: 18:00

 

The Last White President: Deel 1

Hierdie tweedelige dokumentêr, wat twee onderhoude met voormalige president FW de Klerk en ander betrokkenes by Suid-Afrika se vredesproses insluit, bied 'n kykie na De Klerk se enigmatiese persona wanneer die wêreld se oë nié op hom is nie. Die kyker sien hoe hy vir gesprekke en openbare geleenthede voorberei, en neem oor die bestek van 'n jaar sy interaksie waar met ondervraers wat op soek is na beslissende antwoorde. Wat het hom aangespoor om die beëindiging van apartheid te oorweeg?

Datum: 27 Junie 2019 / Tyd: 18:00

 

The Last White President: Deel 2

Hierdie tweedelige dokumentêr, wat twee onderhoude met voormalige president FW de Klerk en ander betrokkenes by Suid-Afrika se vredesproses insluit, bied 'n kykie na De Klerk se enigmatiese persona wanneer die wêreld se oë nié op hom is nie. Die kyker sien hoe hy vir gesprekke en openbare geleenthede voorberei, en neem oor die bestek van 'n jaar sy interaksie waar met ondervraers wat op soek is na beslissende antwoorde. Wat het hom aangespoor om die beëindiging van apartheid te oorweeg?

Date: 26 September 2019 / Tyd: 18:00

 

Home Fire

Home Fire ondersoek gesinsgeweld en herstellende geregtigheid uit die oogpunt van Kanadese inboorlinge. Dit bevat kommentaar deur die oudstes van stamme, gemeenskapsleiers en lede van die Westerse regstelsel. Home Fire verken die kolonisasie van Kanada, historiese trauma, die Westerse regstelsel, en voetsoolvlakgenesing in inboorlinggemeenskappe.

Datum: 31 Oktober 2019 / Tyd: 18:00

 

Netwerkmiddagete vir geregistreerde toergidse

 

Die Universiteit Stellenbosch Museum en die Wes-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme bied jaarliks 'n netwerkmiddagete vir alle geregistreerde toeroperateurs en toergidse in die Wes-Kaap aan.

By dié geleentheid kry toeroperateurs en toergidse die geleentheid om met mekaar kennis te maak en met kernrolspelers in die bedryf skouers te skuur. Die direkteur van die Universiteitsmuseum en die registrateur van die Wes-Kaapse Toergidsregister tree as gashere op.

Datum: 10 Julie 2019 / Tyd: 13:00

 

 

Bied jou volgende geleentheid by die Universiteit Stellenbosch Museum aan

 

Die historiese voorportaal met sy dubbelvolumeplafon en dramatiese houtwerk is groot genoeg om 150 gaste in gemak en styl te onthaal. Dit is die ideale ruimte vir 'n boekbekendstelling, die vrystelling van 'n nuwe produk, of 'n belangrike persaankondiging. Sitplek kan na gelang van die tipe geleentheid en die getal gaste gereël word.

 

Die lesingsaal het sitplek vir 40 in 'n klassieke klaskamerstyl, met ingeboude lessenaars en regop stoele, 'n podium, 'n kateder, 'n projeksieskerm wat kan terugtrek, sowel as 'n dataprojektor. Die lokaal is toegerus met stereoklank en 'n kabelmikrofoon by die kateder. Internet is ook beskikbaar vir kliënte van binne die Universiteit. Die lesingsaal spog boonop met ultramoderne telekonferensiegeriewe, waarvoor spesiale tariewe geld.

 

Die binnehof is 'n nuwe onthaalarea by die museum en is volmaak vir buitegeleenthede soos 'n skemerkelkonthaal, tradisionele braai of wynproe. Die binnehof het plek vir tot 200 gaste.

 

Die agterportaal is 'n funksionele, lang ruimte wat veral goed werk as 'n area vir kosbereiding of -bediening vir geleenthede wat in een van die ander lokale plaasvind.

 

Daarbenewens beskik die museum oor 'n hipertegnologiese raadsaal vir vergaderings en aanbiedings, met sitplek vir 20. Gebruik van die raadsaal sluit gratis WiFi en internet in.

 

Alle museumlokale bied 'n verskeidenheid oudiovisuele toerusting, tafels, stoele, 'n podium en klank. Die Universiteit Stellenbosch Museum lewer nie self 'n spysenieringsdiens nie, maar kan spyseniersmaatskappye aanbeveel wat op kontrak vir die Universiteit werk.

 

Huurtariewe vir die verskillende lokale by die Universiteitsmuseum is soos volg:

 

Museumlokaal:Tarief per uur:Tarief per dag:

Voorportaal

Lesingsaal (sitplek vir 40)

R1 500

R700

R6 000

R5 000

BinnehofR900R5 000
Agterportaal (vir spyseniering)R400R3 200
Raadsaal (sitplek vir 20)R700R5 000

 

 

Huidige uitstallings by die Universiteit Stellenbosch Museum

 

Uitstalling: Tydsduur:

100 Artefakte vir 100 Jaar

 

31 Oktober 2018 tot 2020

Forward? Forward! Forward . . .

 5 Desember 2018 tot April 2019

Universiteit Stellenbosch: Verlede Hede Toekoms

 Permanent
Bloemhofskool-herinneringe Permanent

 

Museumkunde- en erfeniskursusse van die Universiteit Stellenbosch Museum

 

Die Universiteit Stellenbosch Museum is die enigste museum in Suid-Afrika wat formele opleiding in museumkunde aanbied. Kortkursusse van drie dae (15 uur) elk kan op aanvraag op enige plek in die land aangebied word.

 

Die kursusaanbod behels “Inleiding tot Museumkunde", “Erfenisbewaring", “Boustyle", “Meubelstudie" en “Africana-skilderkuns". Die kursusse is geakkrediteer, en suksesvolle kandidate ontvang 'n bevoegdheidsertifikaat.

 

Vir meer inligting, kontak die aanbieder, prof Matilda Burden, by mb4@sun.ac.za of 021 808 2002.

 

Toegang tot die visuele kunste vir skoolleerders

 

Hierdie program strook met die nasionale Kurrikulumassesseringsbeleidsverklarings (KABV) en is ontwerp om leerders se toegang tot die Universiteit Stellenbosch Museum te verbreed. Die hoofdoel is om leerders aan die visuele kunste, geskiedenis en erfenis bekend te stel.

 

Om ekonomiese redes kry weinig leerders uit benadeelde omgewings die geleentheid om museums te besoek. Om skooldeelname aan die program te help fasiliteer, dek die Universiteitsmuseum dus die reiskoste van 15 leerders per skool. Middagete word ook aan die leerders voorsien. Bystand is beperk tot voorheen benadeelde skole binne 'n omtrek van 120 km van Stellenbosch.

 

'n Volledige program is beskikbaar op aanvraag. Vir skoolbesprekings en navrae, kontak me Natasha Coltman by 021 808 3691 of ncoltman@sun.ac.za.