Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Recognition, Reparation and Reconciliation(RRR) Conference

In die nasleep van ʼn gewelddadige verlede, en wanneer mense kollektiewe trauma beleef het, hoe word hierdie gebeure onthou, geïnterpreteer en verwoord?

Hierdie is net een van die vele onderwerpe wat verband hou met historiese verwonding en sy voortslepende nalatenskap wat bespreek en op gereflekteer sal word tydens die konferensie “Recognition, Reparation and Reconciliation” (RRR), wat van 5 tot 9 Desember by die Universiteit Stellenbosch (US) gehou word.

Die konferensie is ʼn samewerking tussen die Historiese Trauma- en Transformasie Navorsingsinisiatief by die US en die Australiese Menseregte-sentrum aan die Universiteit van Nieu-Suid-Wallis, Sydney.

Die politieke onstuimigheid en die tussengenerasie-stryd wat in post-apartheid Suid-Afrika uitspeel, asook die voortdurende debatte in Australië oor die mislukking van die Australiese grondwet om die regte van Aboriginale Australiërs te erken, maak hierdie twee lande belangrike vertrekpunte as plekke van refleksie oor die temas van hierdie internasionale konferensie.

Die konferensie het egter ʼn transnasionale en multikulturele fokus, en sal gesprekke oor aspekte buite Suid-Afrika en Australië insluit. Besprekings sal enkele van die jongste navorsing op hierdie gebied in die Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe na vore bring en krities reflekteer op die verteenwoordiging van historiese trauma in die kreatiewe kunste, waaronder film, fotografie, teater en visuele kunste.

Die hoofspreker is prof Homi Bhabha van die Harvard Universiteit.

Lees meer >