Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL 2018 Konferensie Hoofsprekers - Prof Kathleen Quinlan en Prof Magda Fourie-Malherbe

Die Universiteit Stellenbosch se interne Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie (AvOL) vind plaas tussen 29 en 31 Oktober 2018 by die Lord Charles Hotel in Somerset Wes. Die konferensie word gehou oor twee dae, naamlik 30 en 31 Oktober, terwyl die voor-konferensiewerkswinkels op 29 Oktober plaasvind.

Die bevestigde hoofsprekers by die konferensie is Prof. Kathleen Quinlan (Universiteit van Kent) en Prof. Magda Fourie-Malherbe (Universiteit Stellenbosch). Beide is kenners op die gebied van die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap. Opvoedkundige leierskap is dan ook die oorkoepelende tema van die konferensie vanjaar.

Die registrasie- en abstrakindieningsproses is nou oopgestel op die webwerf! Gaan gerus na webadres www.sun.ac.za/sotl om al die nodige inligting rondom registrasie, die indiening van 'n abstrak asook die voor-konferensiewerkswinkels te sien​