Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNLearn aftyd

Beste SUNLearn gebruikers

 

Neem asseblief kennis dat die geskeduleerde instandhouding wat op 'n groot aantal IT-stelsels vanaf Vrydag 29 Junie om 17:00 tot Maandag 2 Julie om 07:00 uitgevoer sal word ook toegang tot SUNLearn sal beïnvloed. Gedurende hierdie tydperk sal daar ook opgraderings (wat kritieke sekuriteitsopgraderings insluit) op die SUNLearn-bediener geïnstalleer word. Toegang tot SUNLearn sal dus nie sonder onderbrekings gedurende daardie naweek beskikbaar wees nie en wil ons graag dosente sterk aanraai om nie enige assesseringaktiwiteite soos toetse en sperdatums vir werksopdragte vir daardie naweek te skeduleer nie.

Ons is ook bewus daarvan dat amptelike eksamens teen daardie tyd voltooi sal wees, nietemin wil ons uiters versigtig optree en ons let ook op die feit dat nagraadse programme nie noodwendig breuk gedurende hierdie tyd nie.

 

Baie dankie vir u samewerking in hierdie verband.

 

Die SUNLearn-span