Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afrika-maand vieringe

Personeel en studente word uitgenooi na die volgende Afrika-maand geleenthede:

1. Universiteit Stellenbosch-Afrika-dag-lesing

Die titel is: "Kan skole 'n inklusiewe Afrika-identiteit bou? Verskuiwing van veranderinge in die rasse-demografie van skole sedert 1994." Die lesing sal deur prof Jonathan Jansen aangebied word. Prof Jansen is uitgelese professor aan die Universiteit Stellenbosch, president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge en president van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap.

Datum: 24 Mei 2018

Tyd: 17:30 - 20:30

Plek: Attie van Wyk Ouditorium, Fakulteit Teologie 171 Dorpstraat


2. Afrika-dag: 'n Tyd vir aksie in Afrika

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied aan 'n Afrika-dag-geleentheid wat fokus op 'Globale Gesondheid: 'n Tyd vir aksie in Afrika'.  Prof Jimmy Volmink, Dekaan: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, prof Susan van Schalkwyk, Direkteur: Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderwys en prof Hester Klopper, adjunk-visekanselier: Strategie en Internasionalisering aan die Universiteit Stellenbosch, sal gesprekke voer oor 'Globale gesondheid: 'n saak van solidariteit en sosiale geregtigheid' en 'Gender en globale gesondheid '. Die geleentheid sluit ook in 'n rondetafelbespreking met nagraadse studente oor hul rol as gesondheidsambassadeurs in Afrika.

Datum: 25 Mei 2018

Plek: Lesingsaal 4, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe,

Tyd: 09:00 - 15:30

RSVP by Chanelle Ramnarayan by chaneller@sun.ac.za  voor / op Maandag 21 Mei 2018

Kliek hier vir meer inligting.​