Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​US Tenderveiling

 

Tender:  US TV2/2018

 

Universiteit Stellenbosch bied 'n verskeidenheid uitgediende meubels en toerusting te koop aan per Tenderveiling.

 

Belangstellendes kan die items wat te koop aangebied word by die US Aankope & Voorsieningsdienste-stoor in Hammandshandweg, Stellenbosch, besigtig vanaf MAANDAG 14DE MEI tot WOENSDAG, 16de MEI 2018 gedurende die ure 09:00 – 15:00.

 

Tenders moet in geseëlde koeverte, wat beskikbaar is by die Hammanshandweg Stoor, ingedien word.

 

Die volgende inligting moet duidelik op die verseëlde tenderkoevert aangedui word:

·         Naam van tenderaar

·         Tendernommer (US TV2/2018)

·         Sluitingsdatum van tender (Woensdag, 16 Mei 2018 om 15:00)

 

Tenderaars moet duidelik spesifiseer vir watter items hulle tender, deur gebruik te maak van die item nommer. Tenderaars moet tender per item nommer.  Items word in bondels verkoop.

 

Indiening van Tender US TV2/2018 sluit om 15:00 op Woensdag, 16 Mei 2018

 

Suksesvolle tenderaars sal voor of op Vrydag, 18 Mei 2018 ingelig word ten opsigte van die items waarvoor suksesvol getender is, asook die betrokke bedrag wat betaalbaar is.  Suksesvolle tenderaars moet op die laatste teen Vrydag, 25 Mei 2018 die geïdentifiseerde bedrag by die US Kassiere inbetaal, Admin A gebou Reyneveldstraat Stellenbosch.  Items sal slegs beskikbaar gestel word met die voorlegging van 'n amptelike US-kwitansie verkrygbaar na betaling by Kassiere. Alle items kan vanaf 21ste Mei tot Vrydag, 25 Mei 2018 teen 15:00 op verwyder wees.

 

Enige verdere navrae met betrekking tot die tenderveiling kan gerig word aan Me L Cilliers by 021 808 4506.