Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ondersteun Jou Studente met die Skryf van Tesisse

​Hierdie twee-dag-kursus behandel verskillende aspekte van hoe om 'n tesis te skryf. Om 'n student deur hierdie proses te begelei, is dikwels kompleks en veeleisend. Ons fokus op hoe studente die skryf van die verskillende onderafdelings kan benader. Gedurende die kursus sal ons ook voorbeelde van skryfstukke analiseer met verwysing na koherensie, samehang en vloei.