Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sluitingsdatum om kwota te laai vir internetgebruik op studenterekening - 11 Des 2017

STUDENTEREKENING: INTERNETGEBRUIK VANAF 11 DESEMBER 2017

  • Neem asb kennis dat die opsie om kwota vir internetgebruik op studenterekeninge te laai vir diegene wat nog nie die jaarlikse limiet van R1 200 bereik het nie, op 11 Desember 2017 gesluit word.   
  • Studente wie se internetrekening deur 'n departementele kostepunt vergoed word, word nie hierdeur geraak nie.
  • Die intranet sal te alle tye gratis gebruik kan word deur studente wat met 'n universiteitsnetwerk-gebruikersnaam op kampus aanteken.
  • Studente se internet-betalingsopsie sal, nádat die opsie om 'n kwota op hul rekening te laai vanaf 11 Desember 2017 gesluit word, outomaties na die "pay as you go"-opsie van betaling (PAYGO) omgeskakel word en postering teen die rekening is dus nie moontlik vir die tydperk vanaf 11 Desember 2017 tot met die datum van registrasie in 2018 nie.

PROSES VIR BETALING VAN INTERNETGEBRUIK VIR DIE PERIODE VANAF OMSKAKELING NA PAYGO OP 11 DESEMBER 2017 TOT DIE DATUM VAN REGISTRASIE IN 2018:

Nadat die betalingsopsie na PAYGO omgeskakel is, kan internetgebruik op een van twee wyses betaal word:

1.   Betaling by die Kassiere:

Stellenboschkampus:  Admin A, Maandae – Vrydae, 08:00 – 15:30

Tygerbergkampus:  Kliniese Gebou, 1ste Vloer, Maandae – Vrydae, 08:00 – 15:30

USB-kampus:  Hoofgebou, Carl Cronjérylaan, Bellville, Maandae – Vrydae, 08:30 – 12:45 en 13:45 – 15:30   

2.   Kredietkaartbetaling via My.SUN, mits dit van 'n ander netwerk, onafhanklik van die SU-bediener, gedoen word, soos bv. vanaf 'n selfoon.

       Alle studente, ook nagraadse studente, gebruik die My.SUN-webblad vir Voorgraadse studente:

       By webadres  http://www.sun.ac.za/afrikaans, kies “Studente"

  • Kies My.SUN
  • Kies “Voorgraads"
  • Kies “Finansies"
  • Kies “Kredietkaartbetalings"
  • 'n Verifikasieskerm verskyn;  teken in met u unieke gebruikersnaam en wagwoord.
  • Volg die stappe soos versoek:  vul die bedrag in wat u as PAYGO-internetgeld wil betaal, dui aan dat die betaling ten bate van “Internetgeld" is, en volg die verdere stappe soos versoek. 

Hierdie twee PAYGO-betalingsopsies geld tot die student se registasiedatum in 2018, maar kan ook as voorkeur-opsie ná registrasie vir die res van die jaar voortgesit word.

PROSES VIR BETALING VAN INTERNETGEBRUIK NÁ DIE DATUM VAN REGISTRASIE IN 2018:

Vanaf die datum van registrasie in 2018 kan internetgebruikkrediete, afgesien daarvan om vol te hou met betaling per PAYGO, weer per kwota gelaai word (soortgelyk aan die proses vir drukkrediete), en teen die studenterekening geposteer word. 

Alle geregistreerde studente wat toegelaat word en verkies om internetgeld teen hul studenterekening te posteer, laai 'n kwota soos volg:

  • Teken aan op Useradm, waar kwotas vir drukkrediete gewoonlik gelaai word: www.sun.ac.za/useradm 
  • Kies Load Internet Money from Student Account
  • Laai internet-kwota in 'n beskikbare kwota-bedrag, soos bv R100, R200, R400 ens. 

    LW:  In 2018 geld die limiet van R1 200 per jaar maksimum tov die kwota-bedrag internetgeld wat teen 'n studenterekening geposteer mag word, steeds.  Wanneer die limiet bereik is, is betaling slegs moontlik volgens die PAYGO-opsie en moet weer van een van die PAYGO-betalingsopsies soos hierbo onder punte 1. en 2. verduidelik, gebruik gemaak word.
  • 'n Bedrag wat ooreenstem met die kwotabedrag wat vir internetgebruik gelaai is, sal dan op die studenterekening verskyn.
  • Wanneer die kwota uitgeput is, kan dit weer aangevul word, onderhewig aan die limietbeperking hierbo.

Uitsondering op die betaling van internetgebruik per kwota-stelsel by Useradm:

Die volgende programme is gemerk dat studente wat in 2018 daarvoor geregistreer is, se internetgeld altyd as PAYGO betaal moet word, en die PAYGO-betalingsopsies soos hierbo onder punte 1. en 2. verduidelik, moet dus gebruik word:

Spes Stud in L&W (AFF)(BS)                      

Spes Stud in L&W (VG)(BS)(EVT)                   

Spes Student in Nat (AFF)(BS)                     

Spes Stud in Opvoed (AFF)(BS)                     

SciMathUS                                        

Spes Stud in Land (AFF)(BS)                     

Spes Stud in Regs (AFF)(BS)                     

Spes Stud in Teol (AFF)(BS)                     

Spes Stud Handel (Aff)(BS)                      

Spes Stud in Ing (AFF)(BS)                      

Spes Student in Gesondheidswet  (3861001)                 

Spes Stud in Gesondh (AFF)(BS)                    

Spes Stud in Gesondh (Kubaans)                    

Spes Stud in Gesond (AFF)(BS)NG                   

Spes Stud in Gesond (VS)

Spes Stud in Gesondh (SA/Int)ES                   

                         

 

AFDELING: STUDENTEGELDE