Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoek om parkeerplek

Personeellede kan van 1 Desember 2017 tot 31 Januarie 2018 om parkeerplek aansoek doen. Dit geld vir personeel van die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellville Park-kampusse wat aangewysde parkering het, asook nuwe aansoekers.

Ad hoc-personeel wat nie netwerktoegang het nie, asook personeel by Tygerberg wat nie US-personeel is nie, kan deur middel van die vorm aansoek doen wat op die webblad beskikbaar is.

U huidige aangewysde parkering bly in plek tot einde Februarie 2018. Alle aansoeke sal gedurende Februarie oorweeg word en aanwysings vir 2018 sal op 1 Maart geïmplementeer word.

Die basiese aansoekprosedures is dieselfde as in vorige jare. As u elektroniese aansoek suksesvol ingedien is, sal u per e-pos daarvan in kennis gestel word. Indien u nie ʼn e-pos-kennisgewing ontvang nie, is die aansoek nie suksesvol ingedien nie en moet u asseblief die proses herhaal.

Kry toegang tot die vorm by: http://www0.sun.ac.za/sustainability/pages/english/transport-mobility/parking/applications-and-changes.php