Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die regulering van emosie in trichotillomanie (haar-uittreksteuring)

Hierdie projek word gedoen as deel van 'n Meestersgraad in Navorsingsielkunde aan Stellenbosch Universiteit.

 Trichotillomanie (haar-uittreksteuring, of TTM) is 'n psigiatriese steuring wat gekenmerk word deurr die uittrek van hare van een of meer liggaamsdele, wat tot haarverlies, distres en selfs funksionele inperking kan lei. Daar is argumente dat haar-uittrekkery 'n emosie-regulerende funksie het (m.a.w. 'n stimulerende funksie wanneer die persoon onder-gestimuleerd of verveeld is, en 'n kalmerende funksie wanneer die persoon oor-gestimuleerd of ontsteld is). Daar is ook bewyse vir 'n verwantskap tussen TTM en trauma. Hierdie projek poog om hierdie verskynsel van emosie-regulering en die verband daarvan met stres en trauma in mense met TTM verder te ondersoek.

 

Ons wil graag mense met TTM uitnooi om deel te neem.  Ons is op die oomblik ook besig met die werwing van gesonde kontrolepersone om ons TTM-data mee te vergelyk.

 

Indien jy belangstel om deel te neem, sal jou betrokkenheid 'n onderhoud met 'n kliniese sielkundige of psigiater insluit, en 'n verwysing vir behandeling, indien aangedui. Jou deelname is vertroulik en jy kan te enige tyd onttrek.

 

Om 'n afspraak te reel of meer uit te vind, kan jy vir Me. Salome Demetriou (epos: 17506549@sun.ac.za; telefoon: 0764042055) of die hoofnavorser, Prof Christine Lochner (epos: cl2@sun.ac.za;  telefoon: 021 9389179) kontak.

 

Alternatiewelik kan jy ook gaan kyk na die volgende webwerf vir meer inligting oor hierdie en ander verwante navorsingstudies: http://www.mrc.ac.za/anxiety/anxiety.htm