Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Spesiale behoeftes: gradeplegtighede Desember 2017

Personeel en graduandi wat weet van gaste wat moontlik spesiale reëlings of hulp benodig vir die bywoning van die komende gradeplegtighede in Desember, is welkom om met Marjorie van Rooy (teL 021 808-9923 or mvanrooy@sun.ac.za) in die afdeling Korporatiewe Kommunikasie in verbinding te tree. 

Marjorie kan  help om rolstoel-staanplek te reserveer langs sitplekke vir metgeselle, om spesifieke sitplekke te bespreek vir gaste wat nie kan trappe klim nie, en om gebaretaaltolke te reël. Die Coetzenburg Sentrum is toegerus met 'n induksielus vir gaste met gehoorapparate wat die hele saal dek. Gehoorapparate kan op T-coil ingestel word.