Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lewensvatbare Voorsiening van skoonmaakdienste vir die US te Bellvista Lodge, Bellvillepark-kampus

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan .

Stellenbosch Universiteit begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir skoonmaakdienste op die kampus te Bellvillepark te verkry. As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Liezl Cilliers, Senior Aankoper, via e-pos by liezlc@sun.ac.za te stuur of om voorleggings aan haar by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste (Merrimanlaan)  in te dien,  teen 17 November 2017 12h00.  Mense wat persoonlik insette wil lewer moet asseblief so aandui, en kontakbesonderhede verskaf.  Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.

 Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n tender uitgereik word aan skoonmaakmaatskappye. Die diens wat benodig word, is vir skoonmaakdienste aan die Lodge en Anneks op die kampus. Hierdie fasiliteite bestaan uit:

 

• Hotelkamers (enkel, dubbel, twin)

• Badkamers/Toilette

• Publieke areas

• Studeer areas

• Sitkamer, Kombuis in anneks

• Ontvangskantore

• Ingangsarea en gange

• Studieruimtes

• Publieke toilette

 

Die volgende aktiwiteite sal met verskillende frekwensies binne bogenoemde ruimtes benodig word:

  • Skoonmaak van kamers, opmaak van bed, oortrek van linne
  • Skoonmaak van ontvangskantore
  • Vee en klam mop alle vloere
  • Maak skoon en stof alle horisontale oppervlaktes, hoogtebanke, lysies, vensterbanke, onderoppervlaktes, prentrame, televisies en ligte met 'n klam lap
  • Skoonmaak van badkamers (bad, stort, wasbak, toilet, spieël, vloer)
  • Stof vertikale oppervlaktes, (kaste, ens.)
  • Skoonmaak van anneks se kombuise
  • Daaglikse voorraadopname van messegoed en breekgoed in anneks
  • Stofsuig tapyte
  • Maak toegangsdeure / vensters, deurmatjies en spasies onder deurmatjies skoon
  • Skoonmaak van kantoordromme
  • Mop teëls in ontvangsarea
  • Was en ontsmet alle bakke, wasbakke, urinale, alle metaal toebehore en teëls
  • Maak spieëls skoon
  • Vervang toiletpapier, handdoeke, seep, linne
  • Was en maak vensters skoon (slegs binne)

 

Die voorstelle sal op die volgende kriteria beoordeel word:

  • Volhoubaarheid van voorstel
  • Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulprbonne.
  • BBSEB gradering
  • Verwysings van minstens 5 huidige kliënte.
  • Waarde Toevoeging:
  • Maak en Tipe toerusting
  • Metodologie in terme van:
  • Bestuurskontroles
  • Kommunikasiestelsels
  • Bestuur van veiligheidsaspekte (OHSA)
  • Gehaltebeheerstelsels
  • Op watter manier word sensitiewe areas bestuur
  • Hoe word kliëntetevredenheid bereik en gewaarborg
  1. Beskerming van bates
  • Voorkomende aksies
  • Rapportering van onderhoudsprobleme