Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​ Lewensvatbare Voorsiening van landskaperings- en tuinboukundige dienste vir die Universiteit Stellenbosch

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan . 

Universiteit Stellenbosch se Eiendomsdienste departement (“Eiendomsdienste") begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir addisionele landskaperings- en tuinboukundige dienste te verkry vir die Stellenbosch, Tygerberg, Bellville Park en Worcester kampusse.  As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Liezl Cilliers, Senior Aankoper, via e-pos by liezlc@sun.ac.za te stuur of om voorleggings aan haar by die afdeling Aankope & Voorsieningsdienste (Merrimanlaan), in te dien teen 23 Oktober 2017.  Persone wat ook in persoon insette wil lewer moet asseblief so aantoon en kontakbesonderhede verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n versoek om voorstelle uitgereik word aan landskaperings- en tuinboukundige maatskappye.  Aangesien die US nie beskik oor al die kundigheid, buigsaamheid en statutêre bevoegdhede wat professionele landskaperingsmaatskappye bied nie, benodig Eiendomsdienste assistering.

Eiendomsdienste benodig landskaperingsdienste vir die voorsiening van:

  • Landskaperings- en gepaardgaande tuinboukundige dienste vir die omvattende bestuur van tuine en terreine op Stellenbosch Tygerberg, Bellville Park en Worcester kampusse;
  • Duidelik omskrewe standaarde van boomkulture en tuinboukundige dienste met voorstelle van hoe om dit te bereik asook gepaardgaande tydslyne;
  • Die nodige vaardigheid, vermoëe en kundigheid om alle toesig, arbeid, materiaal, toerusting, gereedskap, vervoer en dienste aan te bied om die tuine en terreine (insluitend besproeiing) in 'n uitmuntende kondisie te hou;
  • Die beheer van indringer spesies in ooreenstemming met NEMBA (2014) in die bewaringsareas, berggronde, reservate en riviere op en aangrensend tot die kampus;
  • Die skoonmaak van harde landskapering en verwydering van afval by alle gemeenskaplike areas;
  • Die bestuur van 'n kompos fasiliteit met alle nodige toerusting vir die verwerking van groen en voedselafval;
  • Toepaslike meting en raporterings stelsels;
  • Ekstra konsultasie en spesialis dienste indien benodig tydens byeenkomste.

​Die voorstelle sal volgens die volgende kriteria beoordeel word:

  • Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne
  • Volhoubaarheid van voorstel
  • BBSEB gradering
  • Bewese rekord en toepaslike ondervinding in meerjarige landskapsonderhoudskontrakte van soortgelyke grootte (verskaf verwysings van ten minste vyf huidige kliënte van soortgelyke omvang as die US)
  • Lidmaatskap van regulerende owerhede en goeie verhouding met die landskapering-en tuinboukundige sektor
  • Omgewings kredietwaardigheid
  • Toegevoegde waarde voorstelle.