Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​ Lewensvatbare Voorsiening van omvattende afvalbestuursdienste vir die Universiteit Stellenbosch

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan . 

Universiteit Stellenbosch se Eiendomsdienste departement (“Eiendomsdienste") begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening van addisionele, omvattende en professionele afvalbestuursdienste te verkry.  Kundigheid van verskeie strome van afvalbestuur word benodig wat insluit maar nie beperk is nie, tot algemene, huishoudelike, laboratorium-, industriële prosesse, konstruksie-, byeenkomste en mediese afval.  As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening.  Persone wat wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Liezl Cilliers, Senior Aankoper, via e-pos by liezlc@sun.ac.za te stuur of om voorleggings aan haar by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste (Merrimanlaan) in te dien, teen 19 Oktober 2017.  Persone wat ook in persoon insette wil lewer moet asseblief so aantoon en kontakbesonderhede verskaf. Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.
 

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n versoek om voorstelle uitgereik word aan afvalbestuur maatskappye.  Aangesien die US nie beskik oor al die kundigheid, buigsaamheid en statutêre bevoegdhede wat professionele maatskappye bied nie, benodig Eiendomsdienste bystand.

Eiendomsdienste benodig afvalbestuursdienste vir die voorsiening van:

·       Omvattende bestuur van verskillende afvalstrome wat gegenereer word op Stellenbosch, Tygerberg, Bellville en Worcester kampusse, insluitend die implimentering van die afvalbestuurs hierargie en omgewingsvolhoubare programme om die afval te verminder,  te herbruik en te sorteer vir herwinning;
·       Die nodige vaardigheid, vermoëe en kundigheid om alle toesig, arbeid, materiaal, kwaliteit toerusting, metodes en dienste te bestuur, en om die afvalkamers en areas in uitmuntende toestande te hou;
·       Versameling en vervoer van alle afval vanaf verskeie versamelingspunte na fasiliteite buite die kampus
·       Die implementering en voldoening aan alle wetgewing en vereistes betrokke by die bestuur van industriële, laboratorium-, mediese en ander gevaarlike afvalstrome;
·       Ontwikkeling van opleidings- en bewusmakingsprogramme vir die voortgesette oordrag van inligting aan relevante belanghebbendes;
·       Daarstelling van 'n unieke oplossing vir 'n afvalbestuursprogram wat 'n geleentheid kan skep vir die US om 'n inkomste uit herwinningsmaterial te genereer;
·       'n Duidelik gedefinieerde en geintigreerde afvalbestuursprogram met die standaarde, voorgestelde uitkomste en tydslyne hieraan gekoppel;
·       Toepaslike metings –en rapporterings stelsels;
·       Verskaffing van aparte konsultasie en spesialis dienste vir afvalbestuur tydens byeenkomste.
 

Die voorstelle sal volgens die volgende kriteria beoordeel word:

·       Bewese menswaardigheid protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne
·       Volhoubaarheid van voorstel
·       BBSEB gradering

  • Bewese rekord en toepaslike ondervinding in meerjarige afvalbestuurskontrakte van soortgelyke grootte (verskaf verwysings van ten minste vyf huidige kliënte van soortgelyke omvang as die US)

·       Lidmaatskap van regulerende owerhede, voldoening aan toepaslike standaarde en 'n goeie verhouding binne die afvalbestuur sektor
·       Omgewings kredietwaardigheid
·       Toegevoegde waarde voorstelle.​