Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gratis skryfadvies

Benodig jy advies en ondersteuning met jou skryftake? Is daar skryfkwessies wat pla?

Die Skryflaboratorium van die Universiteit se Taalsentrum bied gratis een-tot-een skryfkonsultasies aan alle studente en personeel van die Universiteit. Vriendelike, opgeleide konsultante staan gereed om studente te ondersteun en raad te gee oor hulle skryfwerk. As jy byvoorbeeld nie aan die gang kan kom met ’n skryfopdrag nie, of bekommerd is dat jou idees nie so duidelik en vloeiend is nie, kan jy leiding by die Skryflaboratorium kry. Ons help jou om jou skryfvaardighede te ontwikkel en te verfyn, en dit lei beslis tot beter punte.

’n Konsultasiesessie is 50 minute lank, maar ons moedig jou aan om ook vir opvolgkonsultasies te kom totdat jy tevrede met jou skryfwerk is.

Ons doen nie redigering by die Skryflaboratorium nie, maar sal jou eerder adviseer hoe om jou skryfwerk te verbeter. Ons streef daarna om jou toe te rus met skryfvaardighede wat jy in ander skryftake ook sal kan gebruik.

Konsultasies kan bespreek word minstens 48 uur vooraf op KENAKO, die elektroniese afspraakstelsel, beskikbaar op My.SUN, of besoek gerus die Taalsentrum,​​ Skryflab in Banghoekstraat 44.

Kontakbesonderhede

Anne-Mari Lackay (amlackay@sun.ac.za)/ Vinelene Hartley (vhartley@sun.ac.za)

021 808 2989/2161

 

Vir meer inligting oor ander dienste besoek ons webwerf, http://www0.sun.ac.za/taalsentrum).