Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Deeltydse konsultantposte beskikbaar by die US Taalsentrum se Skryflaboratorium

​Nagraadse studente wat by die Universiteit Stellenbosch (US) geregistreer is, word uitgenooi om aansoek te doen om deeltydse konsultantposte by die US Taalsentrum se Skryflaboratorium. Hierdie poste is beskikbaar vir 2018. Aansoeke van M- en D-studente sal voorkeur geniet.

Studente vanuit alle fakulteite word aangemoedig om aansoek te doen.

 Die konsultante se pligte sluit die volgende in:

  • Individuele konsultasies met studente oor hul skryfwerk
  • Deelname aan die skryfkonsultantopleidingsprogram
  • Hulp met bemarking en profilering van Skryflaboratorium se konsultasiediens
  • Bywoning van gereelde vergaderings/gesprekke met die hoofde van die Skryflaboratorium

 
Tweetaligheid in Afrikaans en Engels kan voordelig wees, maar is nie 'n vereiste nie.

Rig navrae aan me Anne-Mari Lackay by 021 808 2989 of amlackay@sun.ac.za. E-pos jou CV aan me Lackay of stuur dit na die US Skryflaboratorium te Crozierstraat 22, Stellenbosch 7600.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 2 Oktober 2017