Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Kennisgids – nuwe funksionaliteite beskikbaar

Die doel van die US Kennisgids is om inligting oor die kundigheid van ons navorsers meer toeganklik te maak deur middel van `n webkonsole wat op die US webwerf vertoon word.

Die waarde van die gids lê hierin: voornemende nagraadse studente sal moontlike studieleiers kan identifiseer; dit sal mediaskakeling bystaan; nasionale en internasionale navorsers en potensiële industrie vennote sal via die gids kan soek vir US kundiges binne spesifieke areas; dit het die potensiaal om interdissiplinêre netwerke tussen US navorsers te versterk; en in die algemeen, om die sigbaarheid van US navorsingsterkpunte en individuele navorsingskundigheid te verhoog.

Die funksionaliteite op die Kennisgids is nou verder uitgebrei op versoek van navorsers. Benewens sekere basiese inligting van individuele navorsers, asook `n profiel van kernareas van kundigheid, is daar nou ook die geleentheid vir elke individu om `n profielfoto, `n kort bioskets asook `n CV op die profiel te laai. Navorsers word dus aangemoedig om hul individuele profiele na te gaan en op te dateer. Inligting oor areas van kundigheid is vanuit verskeie bronne verkry – vanaf US departementele webwerwe, befondsingsaansoeke, NNS evalueringsaansoeke, ens. maar neem asb. eienaarskap van u eie profiel en maak seker dat dit u kundigheid korrek reflekteer. Personeelinligting is vanaf die US Menslike Hulpbronnestelsel onttrek.

Ons vertrou dat u hierdie inisiatief waardevol sal vind! Die gids sal voortdurend verder ontwikkel word, so as u enige vrae het, of as u kommentaar wil lewer oor die funksionaliteite of voorstelle wil maak vir verbeteringe, kontak gerus vir Xabiso Xesi (xabiso@sun.ac.za), Xabiso kan ook gekontak word indien u profiel tans nie binne die gids beskikbaar is nie.

​​​Gebruik asb. die volgende skakel vir toegang tot die US Kennisgids: http://www0.sun.ac.za/knowledge_directory/