Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
MTh met 'n fokus op gender en gesondheid

​​MTh met 'n fokus op gender en gesondheid​

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, in samewerking met die Kerk van Swede, bied 'n besonderse geleentheid aan studente om 'n Magister in die Teologie te voltooi met die fokus op gender en gesondheid. Die Magister kan in enige van die huidige teologiese dissiplines geregistreer word (Ou Testament, Nuwe Testament, Ekklesiologie, Sistematiese Teologie, Missiologie en Praktiese Teologie). Tien studente sal in aanmerking kom vir befondsing binne hierdie magisterprogram vir die studietydperk Januarie 2018 tot Maart 2019.

Die program bestaan uit 'n basismodule (gender, gesondheid en Teologie), twee addisionele eksamens (in die gekose hoofdissipline) en 'n 120-bladsy tesis. Daar sal van studente verwag word om aan die begin van 2018 'n drie weke lange kontaksessie by die Fakulteit Teologie (basismodule en werkswinkel oor navorsingsmetodologie) en twee werkswinkels by te woon met die oog op die ontwikkeling van die navorsingsvoorstel en om daarna gereelde kontak te behou met studieleiers en toegang te hê tot navorsingsbronne.

Ten einde in aanmerking te kom vir graduering tydens die Maart-gradeplegtigheid in 2019 sal daar van die student verwag word om die mondelinge teen Julie 2018 te voltooi en die tesis teen 30 November 2018 in te handig. Tien beurse ter waarde van R75 000 per student is beskikbaar.

Die amptelike aansoek moet aanlyn voltooi word by www.sun.ac.za. Heg asseblief 'n volledige akademiese rekord en graadsertifikate by die aansoek aan. Ten einde oorweeg te word vir die program, moet 'n volledige CV, volledige akademiese rekords en 'n brief ter motivering ingedien word by dr Selina Palm by spalm@sun.ac.za teen 1 September 2017. Rig gerus enige navrae aan dr Palm per e-pos of by 0767 800 456.  ​​