Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AvOL konferensie: Sluitingsdatum vir die indiening van abstrakte verleng na 19 Augustus

​Die 10de jaarlikse Universiteit Stellenbosch konferensie vir Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) vind plaas vanaf 24 – 25 Oktober 2017 by die Lord Charles Hotel in Somerset Wes. Dit sal 'n spesiale geleentheid wees waar ons die afgelope 10 jaar sal vier en reflekteer, terwyl ons ook sal besin oor die volgende 10 jaar. Pre-konferensie werkswinkels vind plaas op 23 Oktober 2017, ook by die Lord Charles Hotel. Die besonderhede ten opsigte van die werkswinkels is beskikbaar by  http://www0.sun.ac.za/sotl/worshops/?lang=af.

Ons nooi u uit om u ervarings te kom deel ten opsigte van 'n nuwe of innoverende aspek wat u in u onderrig- of assesseringspraktyk probeer het. Het dit gewerk of nie? Miskien het u 'n grootskaalse behoeftebepaling gedoen wat verwant is aan u onderrig of u het op iets interessants afgekom tydens die ontleding van die resultate van u studente se assesserings. Het u navorsing gedoen oor u onderrig of assessering, of het u dalk nuwe idees wat u wil bespreek? Het u in samewerking met ander kollegas in u departement, fakulteit, of selfs oor verskillende dissiplines heen, 'n onderrigverwante aspek ondersoek? Is u 'n ontvanger van FINLO befondsing; is u 'n US onderriggenoot; of het u al voorheen die nasionale HELTASA-toekenning vir Onderriguitnemendheid ontvang? Kom en deel u passie, u nuus, u resultate en u kritiese refleksie met ons in 'n aanbieding, as deel van 'n paneel of deur middel van 'n plakkaat sodat ons almal saam kan leer ten einde onderrig aan die US so goed moontlik te maak.

Ander belangrike inligting is as volg:

  • Die konferensie-webwerf is aktief en abstrakte kan opgelaai word by: http://www0.sun.ac.za/sotl/abstracts/
  • Die sluitingsdatum vir die indiening van abstrakte is uitgestel na 19 Augustus 2017. Indien u hulp benodig met die voorbereiding van u abstrak, is u welkom om die SOL adviseur in u fakulteit te kontak.

  • Registrasies vir die konferensie, sowel as die pre-konferensie werkswinkels, kan gedoen word by https://www0.sun.ac.za/sotl/registrations/ . Registrasies sluit op 2 Oktober 2017. Die konferensie is gratis vir alle US personeel.

  • Die hoofsprekers is:
    • Dr Antoinette van der Merwe (Senior Direkteur: Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking, US);
    • Prof Brenda Leibowitz (Leerstoel: Onderrig en Leer, Universiteit van Johannesburg); en
    • Prof Francois Cilliers (Mede-professor en Direkteur, Education Development Unit, Universiteit Kaapstad).

Ons wil u graag aanmoedig om deel te neem aan die 2017 konferensie aangesien dit 'n platform bied waar ons kan reflekteer, debatteer en onderrig en leer aan ons Universiteit kan vier.