Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe eenheid bied logistieke steundiens vir kliniese opleiding

'n Gesentraliseerde kliniese opleidingsplatform is 'n stragiese doelwit van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe waar voorgraadse studente van programme in Geneeskunde, Menslike voeding, Spraakterapie, Arbeidsterapie en Fisioterapie kliniese rotasies doen.

​​Die logistieke entiteit wat hierdie opleidingsmodel bedien, is oorspronlik by die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid gehuisves. Die kliniese opleidingsplatform sluit egter sowel stedelike as landelike fasiliteite in en sal nou strategies geposisioneer word om alle liggings te ondersteun.

'n Nuwe eenheid - SUNLOC (Universiteit Stellenbosch logistiek vir kliniese opleidingplatform) - is onlangs bekendgestel. Die eenheid is 'n professionele steundiens. Die kantoor is op die Tygerbergkampus geleë en verleen 'n logistieke steundiens aan studente.

Vir enige navrae, kontak dr G Lourens 021 938 9108 of N Crow 021 938 9014.