Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe eisvorm en nuwe tariewe vir amptelike kilometers gereis

​Daar is 'n nuwe eisvorm beskikbaar vir amptelike kilometers gereis, en nuwe tariewe is vanaf 1 Julie 2017 van toepassing. Enige ritte tot 30 Junie 2017 word nog teen die ou tariewe vergoed.

Die maksimum toegelate tarief wat nie belasbaar is nie, het verander vanaf R3.29/km na R3.55/km

Die maksimum toegelate belastingvrye aantal kilometers verhoog vanaf 8,000km na 12,000km.

Let asseblief daarop dat eise waarvan die reisdatums ouer as drie (3) maande is, nie oorweeg sal word vir uitbetaling nie.

​Kontak Finansies gerus indien daar enige navrae is.

Tel: 021-938 9490 or 021-938 9588​