Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jaarlikse gesondheidsiftingstoetse

Die jaarlikse Welweesdag vir gesondheid-siftingstoetse sal op 1 Augustus aangebied word. Die toetse is beskikbaar vir ALLE personeel (Discovery-lede, nie-Discovery-lede asook lede van Medihelp), en geen koste is hieraan verbonde nie, met ander woorde dit word nie van die “dag-tot-dag” voordele verhaal nie.

TOETSE

Die siftingstoetse behels die toets van bloeddruk, bloedsuiker, cholesterol en die meting van gewig. Hierdie toetse kan die risiko vir chroniese leefstylsiektes vroegtydig identifiseer. Die toetsuitslae is ’n aanduiding van jou algemene gesondheidstoestand. Alle personeellede wat wil deelneem, moet asseblief hulle UT-nommer byderhand hê. Personeel wat lede van die Discovery- mediese fonds is, moet ook hulle lidmaatskapkaart (-nommer) kan toon.

VITALITY PUNTE

Discovery Vitality-lede kan punte verdien deur deel te neem en die Vitality-gesondheidskontroletoets te neem. 

TOESTEMMING

Die Universiteit is ’n instelling wat omgee en kan opvolg op risikofaktore wat geïdentifiseer is, en kennis, opvoedkunde en deurlopende ondersteuning aanbied. Daarom wil ons personeel aanmoedig om aan Discovery toestemming te gee vir Kampusgesondheidsdienste om toegang te hê tot die data. Die toestemming kan op die dag van u toetse gegee word.

WELWEESDAG-BESONDERHEDE

Datum 1 Augustus 2017

Tyd 09:00 – 15:00

Lokaal Studentesentrum.

Rig asseblief alle navrae oor die 2017 Gesondheidsifting aan Me Maureen Kennedy maureenk@sun.ac.za