Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kennisgewing van Fasiliteitbestuur

​Fasiliteitsbestuur wil hiermee kennis gee dat me Sanel Barnardo versoek is om bystand te verleen met sake verwant aan fasiliteitsbestuur op die Stellenbosch-kampus. As sulks sal sy nie meer beskikbaar wees om bystand op die Tygerberg-kampus te verleen nie.

Mnr Dan Prata, Direkteur: Fasiliteitsdienste, sal die Tygerberg-portefeulje vir Fasiliteitsbestuur hanteer tot verdere kennisgewing. Hy sal op die Tygerberg-kampus beskikbaar wees vanaf 28 Junie 2017.  Sy kontakbesonderhede is 021-938-9923 en dap@sun.ac.za.   

Dan sal soveel as moontlik tyd by Tygerberg spandeer, maar sal nog steeds sy direkteursverantwoordelikhede in Stellenbosch ook nakom.