Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen nou aansoek vir Hamilton Naki-Kliniese Studiebeurs

Mediese spesialiste wat 'n loopbaan in die akademie nastreef word genooi om aansoek te doen vir die Hamilton Naki-Kliniese Studiebeurs vir 2017.

Sien dokument vir geskiktheidskriteria en voorwaardes vir die toekenning.

Hamilton Naki was die hartchirurg Christiaan Barnard se laboratoriumassistent. Barnard het Naki as 'n man van buitengewone natuurlike chirurgiese vermoëns erken, maar weens die apartheidsbeleid is hy ondanks sy merkwaardige aanleg enige formele mediese opleiding ontsê. 

Die beurs sal toegeken word aan 'n kliniese spesialis of subspesialis vir doktorale of post-doktorale navorsing wat in Suid-Afrika of die buiteland uitgevoer kan word. Dit sal vir 'n tydperk van drie jaar toegeken word.

Die toekenning is beskikbaar vanaf 1 Oktober 2017.

Sperdatum: 30 Junie 2017
Navrae en indienings: Rachel Persent (Rachel.Persent@netcare.co.za