Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Volhoubaarheidsfokus vir April: Hulpbronverbruik

Om gedragsverandering te bewerkstellig en sodoende omgewingsvolhoubaarheid te bevorder, moet ons ons gebruik van water en energie en die herwinning van afval gedurig evalueer.

Op Tygerberg-kampus het ons waterverbruik ‘n kommerwekkende toename getoon van 7 954 376 kl in 2015 tot 11 257 186 kl in 2016, waarskynlik as gevolg van die feit dat ons meer koshuise op kampus gebou het en ook nie meer rivierwater vir besproeiing gebruik nie.

Ons energieverbruik het sedert 2012 aansienlik verminder en wissel sedertdien tussen 12 800 000 and 13 900 000 kWh. Ons hoop om in die toekoms van hernubare energiebronne gebruik te maak.

Die afvalverwyderingsprosesse bly 'n fokuspunt ten opsigte van opvoedings- en bewusmakingsinisiatiewe. In 2016 het ons totale afvalproduksie verminder, maar die hoeveelheid afval wat ons herwin, het ook verminder, wat nie positief is nie. Die stelsel met die drie dromme sal meer doeltreffend gebruik moet word.

In ‘n poging om ‘n deel van ons koolstofvoetspoor teen te werk, het ons in 2016 160 bome op kampus geplant.  

VIDEO: In hierdie video gee Prof Bob Mash, voorsitter van die fakulteit se groenkomitee, en mev Christine Groenewald ‘n oorsig oor ons energie- en waterverbruik, asook hoe ons herwinningspogings vaar.