Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryf NOU in vir personeelpretstap

Die tyd raak min vir personeel van fakulteite en steundiensomgewings om in te skryf vir die jaarlikse 5km pretstap vir personeel. 

Daar is twee roetes - 'n maklike, plat roete en een wat bietjie meer gevorderd is en 'n paar bulte insluit.

Die pretstap word voorafgegaan deur 'n stap-uitdaging. Afdelings of departemente kan hul treë tel en die totaal vergelyk. Besoek die Facebook-geleentheid vir meer inligting.

Inskrywingsvorms kan hier gekry word of by Menslike Hulpbronne by Admin C.