Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konferensie: Om te boer met koolfstof, grondbewaring en nuwe tegnologie
Begin: 19/07/2023, 08:00
Einde: 21/07/2023, 17:00
Kontak:Ryan Jageser -
Plek: Stellenbosch

Die tweede jaarlikse konferensie oor “Carbon Farming and Soil Conservation" sal van 19 tot 21 Julie 2023 in Stellenbosch plaasvind. Die doel van die konferensie is om deelnemers op datum te bring met inligting oor oplossings om biodiversiteit te verbeter, asook voorbeelde van hoe om die oorgang na regeneratiewe landbou-sisteme te bewerkstellig. Deelnemers sal ook blootgestel word aan die nuutste navorsing oor hoe boere 'n belangrike rol kan speel om klimaatsverandering aan te spreek en voedselsekuriteit te verseker. Op die konferensieprogram is ook 'n uitstalling, 'n besoek aan Langgewens-navorsingsplaas, en demonstrasies van die nuutste innovasies in agri-tegnologie.

Die konferensie word aangebied deur die Universiteit Stellenbosch in samewerking met Empire Conferencing.

Klik hier vir meer inligting of kontak Ryan by ryan@empiretraining.co.za