Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe kortkursus in grondmikrobiologie
Begin: 06/07/2023, 09:00
Einde: 07/07/2023, 17:00
Kontak:Prof. Karin Jacobs -
Plek: Department of Microbiology, JC Smuts Building

Die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch het 'n kortkursus in grondmikrobiologie ontwikkel. Die “Grondmikrobiologie in landbou" kortkursus word op die SU kampus aangebied van 6 tot 7 Julie, en weer herhaal van 9 tot 10 November 2023. Die doel van die kursus is om deelnemers vertroud te maak met die komplekse wêreld van die grondmikrobioom. Die kursus bestaan uit lesings en 'n praktiese laboratoriumsessie. Onderwerpe sluit in 'n kort inleiding tot mikrobiologie, die rol van mikro-organismes in grond, die gebruik en misbruik van mikrobes in grond, en bestuurspraktyke wat mikrobes beïnvloed. In die laboratoriumsessie sal ons kyk na belangrike spesies in landbou en hoe om biodiversiteit en funksie te assesseer.

Koste: R6500.00

Klik hier om te registreer: https://rb.gy/063gx

Maak asseblief seker dat al jou inligting korrek is, aangesien dit gebruik sal word om die sertifikate aan die einde van die kursus te druk.