Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Siyakhula Personeel Werkswinkel Reeks
Begin: 25/05/2023, 10:00
Einde: 25/05/2023, 12:30
Kontak:Grizelda Adams -
Plek: SU Museum, Reyneveld Street, Stellenbosch

​Die Restitusieverklaring van 2018 beklemtoon die noodsaaklikheid dat die Universiteit Stellenbosch diep transformerende werk moet doen om 'n inklusiewe institusionele kultuur te kweek. Institusionele reaksies op transformasie skenk dikwels weinig aandag aan die maniere waarop uitsluitende institusionele kulture sielkundige skade doen aan individue en groepe wat aan die ontvangkant van sulke geweld staan. Die uitdrukking I can't breathe (“Ek kry nie asem nie"), wat deur die kultuurbeweging Black Lives Matter opgeneem is, bied 'n treffende letterlike en metaforiese verwoording van die soorte sielkundige skade wat uitsluitingsgeweld aanrig. Dit plaas 'n beroep op instellings om persoonlike en kollektiewe welstand by hulle hoofstroomstrategieë vir weerstand en insluiting te betrek. Aan die kern van hierdie werksessie lê 'n ondersoek na selfsorg- en gemeenskapsorgpraktyke wat persoonlike en kollektiewe welstand kweek om as transformerende praktyk te funksioneer.


Siyakhula (Rest)itution 25 May_page-0001.jpg