Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Navorsingseminaar: Terugvoer as dialoog in doktorale studieleiding
Begin: 12/04/2023, 14:00
Einde: 12/04/2023, 14:00
Kontak:Natasha Swartz -
Plek: Room 3008, GG Collie Building, (corner of Crozier & Ryneveld streets), Stellenbosch University, Stellenbosch

 Terugvoer as dialoog in doktorale studieleiding deur professor Elke Stracke van die Universiteit van Canberra in Australië​

Terugvoer is die kern van enige leerervaring, en die gee en ontvang van terugvoer is 'n belangrike en integrale deel van nagraadse studieleidingpraktyk. Hierdie interaktiewe werkswinkel steun op onlangse navorsing oor die terugvoerproses. In die werkswinkel sal ons verken:

  • wat terugvoer is,
  • studieleiers se geskrewe taalgebruik en kandidate se reaksies te ondersoek,
  • kritiese bewustheid te ontwikkel van potensiële konflik as gevolg van taalgebruik en kruiskulturele verskille,
  • die Feedback Expectation Tool (FET)en
  • strategieë om effektiewe en dialogiese terugvoer te verskaf en te ontvang. 

Datum: Dinsdag 18 April 2023

Tyd: 12:30 - 14:00

Plek: Kamer 3008, GG Cillie-gebou, (hoek van Crozier- en Ryneveldstraat), Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch

RSVP asseblief voor 17 April by: Natasha Swartz: nswartz@sun.ac.za

 

Professor Elke Stracke is 'n ervare opvoeder en navorser met internasionale werk- en navorsingservaring. Sy is 'n toegepaste taalkundige wat haar kundigheid gebruik om taalverwante probleme op te los in kontekste soos nagraadse studieleiding en assesseringspraktyk, taalonderrig en kruiskulturele kurrikulumontwikkeling.