Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Inwyding van die BMNI
Begin: 15/04/2023, 08:00
Einde: 20/04/2023, 18:00
Kontak: -
Plek: BMRI Conference Venue, Stellenbosch University Tygerberg Campus, Parow

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe hou binnekort ʼn reeks aktiwiteite ter viering van die inwyding van die Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI). Die BMNI is ʼn ten volle geïntegreerde, toekomsgerigte en goed georganiseerde navorsingskompleks wat op verskeie maniere die beste ter wêreld ewenaar en selfs oorskry. Die gebou is daartoe gewy om die genetiese en biomolekulêre grondslag van siektes met ʼn bepaalde Afrika-fokus te ontsyfer.

Die konstruksie van die BMNI het in 2019 begin met ʼn sooispit-geleentheid. Sedertdien het dit die fakulteit op die wêreldverhoog geplaas met die tentoonstelling van uiters gevorderde en gesofistikeerde biomediese navorsing wat kers vashou by die beste fasiliteite ter wêreld.
 
As ʼn gewaardeerde lid van die Tygerbergkampus-gemeenskap, word jy uitgenooi om deel te neem aan al die opwindende aktiwiteite wat beplan word vir die inwyding van die BMNI met die tema “Verbeter lewens met deurbraak wetenskap”.
 
Plaas die volgende datums in jou dagboek en registreer waar nodig om hierdie aktiwiteite by te woon:
 
Saterdag 15 April 2023: BIOMEDIESE NAVORSING OPEDAG [09:00 – 13:00]
 
Maandag 17 April 2023: BMNI GENOMIESE SIMPOSIUM EN TOERE [8:00 – 18:00]

Registreer hier >

 
Dinsdag 18 April 2023: AKTIWITEITE EN TOERE​ VIR FAKULTEIT-PERSONEEL  [12:00 – 15:00]
 
Dinsdag 18 April 2023: TUBERKULOSE SIMPOSIUM EN TOERE [08:00 – 18:00]

Registreer hier >
 
 
Donderdag 20 April 2023: KARDIOMETABOLIESE NAVORSING [08:00 – 12:30]

Registreer hier >

 
Meer besonderhede oor die program volg binnekort.